Winteroes

 

Winter oes kort, koue dae,

kouer aande, donkerte en

reën,

 

nat, ysige, lewelose reën

wat in buie op jou neerstort

soos ‘n stywe Sondagpreek,

 

daarom bestaan jasse, serpe,

hitters en dik komberse,

sowel as sambrele en reënbaadjies

 

en ‘n Sondagbraai na kerk,

 

tog is dit nie somer nie –

winter bly winter,

maar lente is amper oesbaar.

 

 

02-08-2017

Jonathan Malan

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui