stom sonder blom

 

‘n sonneblom blom en sy volg die son

in een etmaal draai sy haar hele hoof

om stuifmeel te bied vir die skynbaar doof

wat bid en bieg aan hul stroopsoete bron.

sonde blom swart en sluk die lig anon,

die tyd is ryp vir stilletjies grond loof

en saggies af te laat val die ou roof

van vra vir voedsel en te kry beton.

sonne blom altyd maar hul dae telbaar

steeds straal hul mag summier tot duisternis

om lig te gee en lewe te versprei

sodat die aarde sonneblomme baar

en oop kan trek die stille oggend mis:

‘n Sonneblom blom om die son te lei.

 

 

15-08-2017

Jonathan Malan

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui