Onderbroke

 

ʼn spieëlsee hemelblou

gestrek, omhels die aarde oral om

gesigte staar terug na hulself op ʼn spieëlsee

vanweë ononderbrokenheid

 

kindjies maak jou

hul speelsee en jy omhels hul

ook met jou boesembranders wat wapperend

hul toedraai met wit water

 

groot mense

delf doer jou diepte in

en sny jou oop op sy soos ʼn verwerpte vis

jy wil hul ook versorg en omhels,

 

maar die onrus in hul harte

word venynig verstop in jou are soos wortels

die onrus bloei

in jou hart en begin kook

jou spieël verdof en verdriedimensioneel

onrus is baie op die spelsee

hap-hap die seekus

en wys wit tande en spat skuim

 

die wind roep jou wit-water perde tot vergelding vir

mens se ongeldige geldelike onrus

die perde seil nes wit kobras wat kop lig

gemik om te pik

die wind ry op die wit-water perde

ʼn onsigbare generaal

 

stadiger keer die onrus terug

brander na brander na

land en mens

en jy wys hulle weer hul

refleksie

 

10-12-2017

Jonathan Malan

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui