Net moeg, dis al


Gesê, die woorde

hang nog in my

longe: verstop my pype,

Ek probeer nog die hartseer skei

Van die mooi wat ek by jou verkry.

Bewoord soos ñ ek-leef-nie brief

Met die stem van glas wat stry

Ek haat jou, maar het jou vir altyd lief

Geen gevoelens is my gerief.

My rooi vergrys en dis my grys wat ly aan beny

Aan emosie is my rooi naïef

En van logika is my grys bevry

Wanneer die koue, skerpgemaakte sny

Begin aan my buitekant kerf

Ah, en ek voel nog ñ maal OK –

Iets anders as wil-sterf,


Maar my aksies, negatief

Tog produktief

Is altyd selektief

En met pyn konserwatief


Om elkeen te spaar

Van die seer wat ek ervaar.


29-12-2017

Jonathan Malan 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui