Haai daar!

My naam is Jonathan en ek is ʼn aspirante digter.

Tans woon ek op ons plaas buite die Paarl en het in 2016 gematriekuleer van Hoër Jongenskool Paarl met ʼn A-gemiddled. Vir die eerste semester van 2017 was ek wel ʼn student op Stellenbosch Universiteit waar ek ʼn BSc in Molekulêre Biologie en Biotegnologie geswot het, tydens dié tydperk het ek bevind dat dit nie my koppie tee is nie en het daarom besluit om my studies te staak tot die volgende jaar. Ek het toe besluit dat ek baie graag ʼn hoërskool Afrikaans onnie wil word, daarom swot ek nou ʼn BA in Sosiale Dinamika te Universiteit Stellenbosch.

Ek het begin om te dig ten einde van my matriek jaar, 2016, toe ek totsiens moes sê vir my geliefde onderwysers – ek het vir hulle elkeen ʼn brief en ʼn persoonlike gedig geskryf.

Toe my eerste jaar uit die skool uit op my neergedaal het, het ek vele verskeie veranderinge ondergaan en ervaar en om myself daarmee te help (al was my kop skaars bo water) het ek gedigte oor my emosies en gevoelens geskryf, of net sommer oor iets heeltemal anders sodat ek net kon kalm word in plaas daarvan om myself te bekommer oor dinge wat buite my beheer was.

Ek is ʼn baie kunstige en musikale mens en geniet dit om die natuur te bewonder. Ek sing en skilder graag en is baie lief vir tale en reis.

Lees gerus my gedigte en laat my en ander lesers weet wat jy daarvan dink deur kommentaar te lewer onderaan elke gedig.

Dankie dat jy my blog lees!