Geskenke van ons Vader

 

Vasbyt tyd is ons halfpad kwyt

Die seuns raak moeg en verlang na ‘n kroeg

‘n Yskoue bier sal vinnig daai spiere hernu,

maar vir nou geniet ons maar daai Ceres-sappie


Die manne raak fikser en die PT wil vreet

Die bos word verken en die ratkas gewen

Sandpaaie rem wiele en manne rev karre


Savuti bied ‘n strandkus in tente

Teen ‘n hittige rente

In Moremi, onder ‘n boom, koeler rus

En reën wat verfris


Vic Falls het geval en die bunjee was pret,

Die white water was woelig

En daai bult was gek

Chobe het prag, maar Wi-Fi het mag


Die pismot se blaas is vol

en laat n seer kol

En, wragtig, ‘n skerpioen kán soen!


Daar lê nog baie voor: die Kalahari en

Roetemars is al binne hoorafstand

En Klein kariba trek al hoe nader…


Die manne moet vasbyt om vasbyters te word,

Want vasbyters verbeter in akademie en sport


Maar, oh!

Die hartjie van Botswana

Kan my met gemak betoor!

10-01-2018

Jonathan Malan

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui