Ditto

 

Saans as ek weer die dag

volledig verken het –

dat ek nog die warmte

van die son op my

vel kan vind –

klim ek in my bed

om iets nuuts weer te verken:

die stille, koue nag.

 

Ek dra weer my nagklere,

eers was hulle koud,

nou is hulle weer warm

en ek ken hulle.

My bed, my kombers

en my kussing is ook

eers

weer koud

 

vir ‘n rukkie…

 

Terwyl ek my bed verken

speel die dag agter my

toe ooglede af en ek

gryp ‘n handjie son om

die aand mee te verken.

 

My kussing vind weer sy plek,

my kombers het my weer toegevou

en my bed is

weer warm…

 

Ek word wakker en het

my deeltjie van die stille,

koue nag verken en nou is

die nag

weer warm,

 

maar die oggend is nou

weer koud.

 

Van vooraf moet ek weer die dag verken,

maar nes ek die stille, koue nagte

verwarm

 

ditto die dae.

 

 

10-09-2017

Jonathan Malan

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui