Die Reënboog Nasie

 

Jy is nie toegelaat in dié winkel nie

“Rassis!”, skree hy

Hiér mag jy nie parkeer nie

“Rassis!”, skree sy

Net een van júlle kan so onnosel bestuur

“Rassis!”, skree hy

Afrika is ‘n donker kontinent

“Rassis!”, skree sy

Ek koop slegs ‘n wit kar

“Rassis!”, skree ‘n man

Ek dra nie wit klere nie

“Rassis!”, skree ‘n vrou

 

Ek skryf met ‘n swart pen

Op ‘n wit vel papier

 

“Rassis!”

 

Skree hulle.

 

 

12-09-2017

Jonathan Malan

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui