Amen

 

Stefan,

 

Ek rek hierdie woorde langsaam uit

Nes ek jou lewe wou gehad het

Jou ganse glimlag flits voor my oë gesluit

Te vinnig vir my vingers deur ʼn flenters net

 

Stefan,

 

Ek twyfel sonder jou,

Val oor my voete van die rou

Wat is verkeerd en wat is reg?

As ek net nog ʼn dag kon aanheg

 

Stefan,

 

Klein, maar Vasbyt-getryn

Definisie van dinamiet kom in klein pakkies

Enorme hart en siel so rein

Alles van jou uit die boonste rakkies

 

Stefan,

 

Net sewentien dae het ek jou geken,

Maar jy het elke hart om jou gewen

Ander het jou vir sewentien jaar gehad

Maar niemand was hiervoor paraat

 

Stefan!

Stefan,     Stefan!

Stefan, Stefan,              Stefan!

Stefan,             Stefan…

 

Stefan…

 

ʼn Man van meestal min woorde

Ek het verdwaal in jou wysheidsboorde

ʼn Muis wat skrik vir niks

Soos ʼn leeu was jy topfiks

 

Stefan,

 

Vir altyd sal ek na jou opkyk

Nie net weens jou hemelse woning,

Jy was ʼn dienaar van alle mense gelyk

ʼn Leier wat nooit gedroom het van beloning

 

Stefan,

 

Uitblinker in sport en dink

Wenner, seun en broer

Glinsterende oë en uiters flink

Hoekom is jy so ontydig ontvoer?

 

Stefan,

 

Nooit sal die gedagte van jou weggaan

Jy hardloop nou in die wennersbaan

Geen pyn sal jy ooit weer ervaar

Toe jy reguit op na die hemel toe opvaar

 

Stefan,

 

Ons groet jou tydelik,

Die hartseer is onvermydelik

En ek verstaan steeds nie die .

 

19-01-2018

Jonathan Malan

4 thoughts on “Amen

  1. goeie dag ek is opsoek na die digter van hierdie gedig. ek soek ook graag hierdie foto wat gebruik is. kan jonathan malan my dalk kontak dihanna van wyk 0730166883

  2. Ongelooflike woorde. Ek het Stefan nie geken nie maar dit is hartverskeurend wat met hom gebeur het. Vir my as moeder van kinders weet ek net dat jy so ‘n gebeurtenis NIE sonder God kan verwerk nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui